Intelligent Routing LogoIntelligent Routing · Blog

Nuwe Verbeterde Aanlyn Weergawe

Ons is trots om die nuwe verbeterde weergawe van Intelligent Routing bekend te stel. Ons het hard gewerk om te verseker dat die verbeteringe bruikbaar is en boonop goed lyk. Welgedaan aan die span en dankie vir die harde werk.

Hier is ‘n voorbeeld van die nuwe uitleg vir routebeplanning:

New Look Intelligent Routing with improvements

Die Android en web weergawes is nou nader aan mekaar in funksie en in kleur.

 

Diegene wat die ou webblad verkies kan gerus wees dat ons sal aanhou om dit te ondersteun en genoeg tyd gee om die nuwe webblad te leer ken. Al die ou web-addresse wat gestoor is werk nog net soos in die verlede.

Old Look before improvements

Die ou uitleg is nog steeds aanlyn vir diegene wat dit verkies.

‘n Paar van die hoogtepunte in die weergawe sluit in:

  • Skep nuwe routes vinniger

    Vir adresse wat nog nie deel van vorige route beplannings en die adresboek is nie kan daar nou ‘n nuwe routeaddress geskep word sonder om die beplanningsskerm te verlaat.

  • Outomatiese opsommings van die dag se gebeure

    Vandag se gebeure word nou outomaties gelaai met ‘n kortpad waar mens die laaste twee weke se informasie met ‘n enkele kliek kan oproep.

  • Fokus tydlyne

    Elke voertuig kan met ‘n tydlyn gevolg word wat maklike rekonsiliasie moontlik maak. Dis nou maklik om details by ‘n route by te voeg en die priese tyd te vind waar ‘n op die kaart was.

  • Import funksie

    Kliënte kan nou aanvra om hul eie infrastruktuur te gebruik en aan Intelligent Routing te koppel.

  • Gebruiker keuses

    Gebruikers kan nou hul eie keuses maak om te verseker dat die webblad presies vertoon wat elke gebruiker verkies.

  • Satelliet oorsig

    Een van die keuses is om ‘n satelliet beeld aan te vra, wat die prentjie van alle routes ekstra duidelikheid verleen.

  • En nog vele meer

    Estetiese verbeteringe, addisionele hulp op die blad en deur FreshDesk, verhoogde laai spoed, en ‘n aantal verbeteringe in die enjinkamer is alles deel van die verbeterde Intelligent Routing webblad.

Ons hoop dat almal die nuwe verbeterde Intelligent Routing sal geniet. Laat weet gerus wat jy dink!


Written by the Intelligent Routing team who work hard to make vehicle route optimization software available to every business that runs a fleet.
You should follow them on Twitter